School sportSport
Nog pretbelaaide vriendskaplike atletiek
Laerskool Krugersdorp-Noord het onlangs 'n opwarmingsdag vir hul eie en drie ander skole se atlete aangebied om te bepaal hoe gereed hulle vir die seisoen is.
Strawwe kompetisie was aan die orde van die dag toe Laerskool Krugersdorp-Noord onlangs ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms aangebied het. Sterk skole soos Laerskool Roodekrans, Laerskool Horison en Monument Primary is daarheen genooi.

“Die kompetisie was goed en die atlete het uitstekend gevaar. Met beurtkrag en al was dit ‘n suksesvolle byeenkoms. Die groen gras en pragtige geriewe het die weg gebaan vir lekker en sterk mededinging,” het die Noordskool-atletiekkoördineerder, Quintin Botha vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
