SportSport

Nories blink uit tydens nasionale kampioenskappe

Hoërskool Noordheuwel-atlete het 10 medaljes ingepalm tydens die nasionale kampioenskappe.

Gedurende die Maart-skoolvakansie het verskeie atlete van Hoërskool Noordheuwel uitstekend gevaar tydens twee verskillende nasionale kampioenskappe.

In totaal is 28 atlete gekies vir die twee provinsiale spanne wat aan die kampioenskappe deelgeneem het wat ses goue, drie silwer en een brons medalje huis toe gebring het.

Lees ook: Noordskool spog met hul SA-atlete

Hanri Pretorius wen silwer in die 800m by SA skolekampioenskappe.

Angelique de Jager het ook die brons medalje verower tydens die Atletiek Suid-Afrika (ASA) klubkampioenskappe in hekkies terwyl Lu-Rika Helberg tydens dieselfde kampioenskappe ‘n silwer medalje in die driesprong kon inpalm.

Lees ook: Flying Avianto’s athletic flag high

Lu-Rika Helberg – ‘n dubbel SA Kampioen in driesprong vir meisie o20.

JL van Rensburg wie vanjaar se hoofseun en ook ‘n dubbele Suid-Afrikaanse kampioen is het silwer verower in diskus tydens die SA skolekompetisie. Hy is ook gekies om deel te wees van die SA-span wat aan die einde van April aan die Afrika Junior Kampioenskappe gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button