Sport

Gemengde resultate vir Mullies rugby demper nie hul gemoed

Mullies spog met pragtige rugbyprestasies vir die jaar.

Laerskool Muldersdrif is trots op hul 2024 rugbyseisoen en hul spanne se prestasies.

Volgens Mullies se rugby-organiseerder Dewan Helm, was die o9-span vyfde, die o10-span sewende, die o11-span eerste, die tweedes was vierde, en die eerstes 12de met die Superreeks toernooi. Hy vertel verder dat hulle algeheel vierde geplaas het uit die 12 skole wat deelgeneem het.

Mullies afrigters Dewan Helm, Mathew du Toit en Hennie Visser saam die o11-span.

“Die skool het in totaal 18 wedstryde gehad waarvan meeste spanne 26 kon speel. Die eerste span neem deel in die Trinityhouse rugbyfees waar skole soos Grey College ook deelneem. Ons neem ook aan verskeie ander toernooie deel,” het Helm gesê.

Hy voeg by dat Mullies met die 2024 Camp Discovery toernooi goed gevaar het, waar die o9 en o11 eerste was, die o10 en eerste span sesde en die tweedes sewende geëindig het.

Mullies afrigters Divan Gordon en Alwyn Burger saam die o9-pan.

“Die o9- en o11-spanne was deur na die Goue Leeus Rugby Unie uitspeel rondtes waar die o11-span in die semifinaal verloor het. Die o9 het die liga-finaal gewen met 29–15,” het hy verduidelik.

Volgens Mullies se Tau-rugby-organiseerder Matthew du Toit, het Mullies ook vier Goue Leeus-spelers geproduseer.

“Ons kan nie wag vir die begin van Wes-Rugby proewe bietjie later in die jaar nie,” het Mathew afgesluit.

Back to top button