Sport

Kennies hou gholfdag vir skool en minderbevoorregtes

Laerskool Kenmare bied gholfdag vol pret met die doel om fondse in te samel vir skool en minderbevoorregte leerders en hul gesinne.

Op 12 September het Laerskool Kenmare hul jaarlikse gholfdag by die Krugersdorp Gholfklub gehou waar deelnemers baie pret gehad het.

Volgens Kennies woordvoerder, Peter du Toit, is vanjaar se gholfdag spesiaal omdat dit deel vorm van hul 50 jaar feesvieringe.

LD en Kean Jooste gereed om die gholfdag aan te pak.

“Die doel van die dag was om fondse in te samel, waar ons met die 50 jaar feesvieringe baie meer pryse gehad het om terug te gee aan die gemeenskap wat deel gevorm het van die dag,” sê Peter.

Hy vertel verder dat ’n groot deel van die fondse aan die Kennies Leef Liefde gaan, waar hulle die minderbevoorregte leerders en hul gesinne help deur dinge soos kos te verskaf, mediese kostes te dek en brille aan leerders te verskaf.

Thys de Villiers en Jaco Lubbe ry heerlik rond.

Die baan was propvol 148 spelers wat deelgeneem het met talle pryse en borge op elke putjie, en ‘n R100 000-prys vir ‘n kolhou (hole-in-one).

Gholfjoggie Godfrey Mogorosi sê hulle het almal uitgesien na die dag, en dit terdeë geniet.

“Ons as skool is baie bevoorreg en wil hê dat dit met ander goedgaan. Die gemeenskap het by die dag betrokke geraak en ons help teruggee,” het Peter afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button