Rugbyspelers van Noordskool brul soos leeus
Noordskool spog met 'n groot aantal leerders wat naam maak op die rugbyveld.
Laerskool Krugersdorp-Noord se rugby skuif op in die wêreld en spog met twee leerders in die Goue Leeus-sewesspan asook 16 spelers in die Wes-rugbyspan.
Die Goue Leeus-sewesspanbestuurder, Wessel Lötter, sê die spelers in die Goue Leeus-sewesspan is Charl Vorster (o13) en Zander Oosthuizen (o12). Charl sal dus van 18 tot 21 September by Woester Gimnasium in die Wes-Kaap in aksie wees en Zander by Hoërskool Sentraal van 19 tot 21 September in Bloemfontein.
“Ek is baie trots op die seuns en ek sien baie uit na wanneer hulle gaan deelneem, hoewel die kompetisie baie straf gaan wees,” het Wessel uitgebrei.
Nories het ook 16 seuns wat in die Wes-rugbyspan opgeneem is met Gerhard Myburgh wat deel van die bestuur is. Hy het verduidelik dat die Wes-rugbyspan deel vorm van vyf streke waar hulle almal drie weke lank teen mekaar gestamp het om te bepaal wie kan staan ??om vir die Goue Leeus-span gekies te word.
“Dit is die meeste Noordskool-leerders wat tot dusver die Wes-rugbyspan gehaal het. Baie geluk aan elke speler,” het Gerhard afgesluit.