Sport

Dit was die laaste skei!

Plaaslike tehuise het vir die laaste keer in 2024 kragte gemeet op die jukskeibaan.

Jukskei word vreeslik geniet onder die bejaarde gemeenskap want dit is ‘n sport wat hulle aan die gang hou.

Maar so kom alles wel tot ‘n einde en vanjaar se jukskeiseisoen is so te sê verby.

Die Krugersdorpse Raad vir die Versorging van Bejaardes (KCCA) het op 6 November hul laaste jukskei-wedstryd van die jaar teen Emmanuel en Luipaardsvlei Aftree Oorde gespeel.

Louise de Jager, jukskeibestuurder, het gesê die wedstryd het vir goeie samesyn, oefening, ontspanning en goeie sportmangees gesorg.

Die wenners van die A-spanne is as volg:

• Eerste plek – KCCA (A1) met 350 punte
• Tweede plek – KCCA (A2) met 341 punte

Die wenners van die B-spanne is as volg:

• Eerste – Luipaardsvlei met 153 punte
• Tweede – Emmanuel met 151 punte
• Derde – KCCA (B2) met 135 punte
• Vierde – KCCA (B1) met 131 punte

Die wenners van die C-spanne is as volg:

• Eerste – KCCA met 149 punte
• Tweede – Emmanuel met 133 punte
• Derde – Luipaardsvlei met 127 punte

Een speler ,Johan van Niekerk, is intussen gekies om aan die Nasionale Jukskeikampioenskappe in Rustenburg deel te neem later in November.

“Ons wil die bestuur van KCCA en Golden Age Village bedank vir hul ondersteuning en wat dit vir ons moontlik maak om jukskei as ‘n sport vir ‘active ageing’ uit te leef,” het Louise afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button