Sport

‘n Goeie swem vir die psige

Donovan Lindeque sal poog om 1 000 lengtes in 'n 25-meter swembad te swem met die doel om bewusmaking vir mans se geestesgesondheid te skep.

Mans se geestesgesondheid word soms oorgesien, maar inwoner Donovan Lindeque wil bewusmaking oor hierdie ernstige kwessie skep.

Donovan is ‘n inwoner van Krugersdorp en ‘n onderwyser by Rand Park Primary in Randburg, en gaan op 14 en 15 Desember 1 000 lengtes in ‘n 25-meter lange swembad swem.

“Ek wil die aspek van geestesgesondheid beklemtoon. Volgens statistieke is 79% van selfmoordslagoffers in Suid-Afrika mans waar dit direk aan geestesgesondheid gekoppel word. Baie veldtogte wat handel oor bewusmaking oor kwessies handel oor vroue, so dit is dikwels oorgekyk,” het Donovan verduidelik.

Hy sê dat hy hande gevat het met die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid (SAFMH), waar daar van hul verteenwoordigers by die bewusmakingsdae by die skool sal wees, indien iemand hul bystand nodig het.

“Mense kan geld per lengte skenk, asook R20 betaal, en ’n lengte saam met my swem, waar die fondse aan die SAFMH geskenk sal word,” het hy gesê.

Donovan sluit af deur die gemeenskap aan te moedig om daardie dae ’n draai daar te maak, waar hy weet dit gaan ’n moeilike taak wees.

Indien jy ‘n donasie wil maak, kontak Donovan op 082 572 7091.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button