Sport

Mullies Netbalfees bereik sy doel

Mullies het onlangs hul eerste netbalfees van sy soort aangebied.

Laerskool Muldersdrif het hul netbaltalente ten toon gestel tydens hul eerste Mullies Netbalfees op Vrydag, 21 Februarie.

Anke Holton en Menieke Roux druk mekaar ná hul oorwinning.

Volgens Mullies se bemarkingshoof, Janneke van Biljon, was dit die eerste netbalfees van sy soort. Weens die reën is die fees by die Key West Aksiesportsentrum gehou.

Jolanda van den Bosch in aksie.

“Ons was die gasheer vir die toernooi, en deelnemende skole het Dr Havinga, Midvaal en Van Riebeeckpark laerskole ingesluit,” het sy verduidelik.

Amy Oldacre mik vir ‘n doel.

“Dit was ‘n vriendskaplike toernooi waar dogters van o9 tot o13 kon deelneem om hul vaardighede te toets, te slyp en te wys wat in hulle steek voor die amptelike seisoen afskop,” het sy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button