School sportSport

Nories-netbaldogters skitter teen Monnas in derby

Nories het 11 van hul 13 kragmetings teen Monnas in 'n klassieke Krugersdorp-derby gewen.

Hoërskool Noordheuwel se netbalspanne was kookwaterwarm in hul onlangse derby teen Hoërskool Monument.

• Lees ook: Nories-dogters presteer op krieketveld

Dit is geen geheim dat Nories en Monnas ’n subtiele wedywering op die sportveld het nie – en dié keer was dit Nories wat met bree bors kon rondstap nadat 11 van hul 13 spanne as wenners uit die stryd getree het.

Karen Els, Nories se netbalorganiseerder en afrigter van die eerste netbalspan, sê die derby het op 15 Mei op Monnas se netbalbane plaasgevind. Die ontmoeting vorm deel van die jaarlikse JOMO-liga tussen die twee Krugersdorp-skole.

Daar was talle ondersteuners wat opgedaag het – van Nories tot Monumentare, en selfs laerskooldogters wat kom kyk het,” het Karen vertel.

Vir haar was die eerste span se wedstryd beslis die hoogtepunt.

“Dit was ’n harde wedstryd en ’n wipplankeen, maar Nories het deurgedruk en met slegs een doel gewen,” sê sy.

Sy het afgesluit deur te sê dat Timeke Prinsloo baie konstant in die doelsirkel was, maar dit was Nadine van Hoogdalem wat met haar puik onderskeppings op verdediging ’n ware doring in die vlees was.

Nories se Carla Coetzee soek ondersteuning. Foto: Marius Esterhuizen.

Volledige uitslae van al die kragmetings is as volg:
• o14A: Nories 22–19 Monnas
• o14B: Nories 28–16 Monnas
• o14C: Nories 31–1 Monnas
• o14D: Nories 15–0 Monnas
• o15A: Nories 15–12 Monnas
• o15B: Nories 13–5 Monnas
• o15C: Nories 12–10 Monnas
• o16A: Nories 14–26 Monnas
• o16B: Nories 18–13 Monnas
• o17A: Nories 24–16 Monnas
• o17B: Nories 34–9 Monnas
• Tweedes: Nories 16–24 Monnas
• Eerstes: Nories 20–19 Monument

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button