Brons vir Nories by DSTV Netbalkampioenskappe
Die o.19-netbalspan van Hoërskool Noordheuwel het hul suksesvolle seisoen afgesluit deur derde plek te behaal tydens die Gauteng DSTV Netball Challenge.
Hoërskool Noordheuwel se netbal hou nooit op om te beïndruk nie, en hulle het ‘n brons medalje by die Gauteng kampioenskappe verwerf.
• Lees ook: Nories-netbaldogters skitter teen Monnas in derby
Karen Els, Nories se netbalorganiseerder en eerstespan-afrigter vertel dat hulle op 14 Junie by die DSTV Netball Challenge deelgeneem het by Hoërskool Florida.
“Net die o19 spanne het deelgeneem. Ons eerstespan het teen Hoërskool Florida, Hoërskool Menlo Park, Hoërskool Transfalia en Hoërskool Rand Park kompeteer,” het sy vertel.

Sy het byggevoeg dat hul vyf uit die ses wedstryde gewen het, en gekwalifiseer het vir die SA kapioenskappe wat op 25 en 26 Julie by Hoërskool DR EG Jansen in Boksburg plaasvind.
Sy voeg by dat die hoogtepunt van die toernooi was toe hul teen Rand Park High gewen het, wat aan hulle die derde plek besorg het.
Ons is baie trots op ons goeie netbalseisoen sover. Die bronsmedalje is beslis die kersie op die koek,” het Karen afgesluit.


