Sport

Van afslaan tot liefdadigheid: Kennies hou gholfdag

Jaarliks verwelkom Laerskool Kenmare die gemeenskap vir ’n dag van gholf, samehorigheid en fondsinsameling – ’n perfekte kombinasie van sport en doelgerigte ondersteuning.

Van afslaan tot op die setperk was Laerskool Kenmare se jaarlikse gholfdag ’n voltreffer – en dit alles vir ’n goeie doel.

Volgens Kennies se sport-, kultuur- en bemarkingshoof, Peter du Toit, het 36 vierballe met altesaam 144 deelnemers aan die fondsinsameling deelgeneem wat op 11 September by die Krugersdorp Gholfbaan aangebied was.

Marinus Swanepoel op die setperk.

Die fondse wat ingesamel is, sal vir verskeie doeleindes aangewend word.

“Die geld gaan nie net vir die skool nie, maar ook na ons liefdadigheidsprojek Kennies leef liefde en ons voedingskema. Daar is ook ’n Springboktrui met al die huidige Bokke se handtekeninge opgeveil, waarvan die opbrengs geskenk gaan word aan ons leerder wat vroeër vanjaar deur ’n ponie gebyt is,” verduidelik hy.

Ruard van Rooyen op die setperk.

Peter het benadruk dat die gemeenskap baie vir die skool doen en dat hierdie dag ’n manier is om iets terug te gee.

Daar was verskeie kompetisies regdeur die dag. Uit die 19 borge het twee elk ’n putjie geborg waar spelers ’n motor kon wen indien hulle ’n gaatjie-in-een geslaan het. Daar was ook ’n speletjie waar deelnemers op die setperk ’n verversing kon wen deur dit raak te put.

Peter du Toit in aksie.

“Ons sien elke jaar uit na dié dag, omdat dit ’n geleentheid is om saam met die gemeenskap tyd te spandeer,” het Peter afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button