Sport

Duo oorheers Deadly Dozen Afrika-kampioenskappe

Juan-Marié Herbst en Bianca Bogdonavic het ’n indrukwekkende oorwinning behaal by die Deadly Dozen Afrika-kampioenskappe en terselfdertyd die Afrika-rekord verbeter.

Juan-Marié Herbst en Bianca Bogdonavic het hul fisiese vermoëns tot die uiterste beproef tydens die onlangse Deadly Dozen Afrika-kampioenskappe, waar hulle ’n indrukwekkende prestasie behaal het.

Die Deadly Dozen-kampioenskappe het by die UJ-atletiekstadion plaasgevind. Juan-Marié het op 24 Januarie aan die solo-kategorie deelgeneem, terwyl die dubbels-afdeling op 25 Januarie plaasgevind het, waartydens sy saam met Bianca meegeding het.

Gedurende die kampioenskappe moes deelnemers ’n reeks uitdagings voltooi, insluitend 12 herhalings van ’n 400 meter-hardloop, asook verskeie stasie-oefeninge soos deadlifts en lunges.

Bianca Bogdonavic en Juan-Marié Herbst. Foto ingestuur

“Ons het eers twee weke voor die tyd besluit om saam deel te neem. Ons ken mekaar al drie jaar en was in 2023 saam deel van die CrossFit Semi-final-span,” het Juan-Marié vertel.

Die duo het eerste geëindig in die 30 tot 39 ouderdomskategorie, terwyl Juan-Marié ook eerste plek in die solo-afdeling behaal het.

“Ons het selfs die Afrika-rekord verbeter na 41:38. Die volgende stap vir Deadly Dozen is die wêreldkampioenskappe wat later vanjaar in Londen sal plaasvind,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button