Local sportUpdate

Noordvaal-finaal: Groot skolerugby stryd wag by Monnas

Die Ras van Rooyen-veld is gereed vir ’n dag van groot skolerugby, met vier Noordvaal-eindstryde wat môre by Monnas beslis word.

Een van die mees gesogte en grootste skolerugbytoernooie se eindstryd vind op 22 Augustus, by Hoërskool Monument plaas.

Die Noordvaal Beker-finaal skop om 09:00 op die bekende Ras van Rooyen-veld af, met vier wedstryde wat die dag se rugbyaksie sal bepaal.

• Lees ook: Derby vir die geskiedenisboeke: Witbulle seëvier in 112-puntekragmeting teen Blues

‘n Witbul speler tydens die semi-finaal. Foto: Heinrich Greyling

Die wedstryd-bepalings is:

• 09:00 – Hoërskool Rustenburg vs Hoërskool Middelburg (o14A)
• 10:40 – Monnas vs Helpmekaar Kollege (o15A)
• 12:20 – Monnas vs Hoërskool Rustenburg (o16A)
• 14:00 – Monnas vs Hoërskool Waterkloof (eerste spanne)

Met drie Monnas-spanne wat in die eindstryde in aksie sal wees, beloof dit om ’n besonderse dag van skolerugby op eie bodem te wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button