School sport

Skole-derby: Nories slaan eerste hou met gholf

Die Beste in die Weste-reeks en Derby-week tussen Hoërskool Monument en Noordheuwel het regtig vlamgevat toe hul topgholfspelers op Krugersdorp Gholfbaan kragte gemeet het.

Die Derby-week en Beste in die Weste-reeks tussen Hoërskool Monument en Noordheuwel het met ’n sterk begin afgeskop tydens hul gholfgeleentheid, wat as opbou tot die derby-week gedien het.

Op 4 Mei het die twee skole by die Krugersdorp Gholfbaan afgeslaan, met sportmanskap en mededinging wat hoogty gevier het. Agt spelers – vier van elke skool se topspelers – het om 11:00 afgeslaan.

LEES OOK: KBC crowned champions in first-ever Sables Quadrangular

Monnas se leerders was:
• Lou Geldenhuis
• Connor Steyn
• Dewald Strydom
• DJ Pretorius

Nories se leerders was:
• Henco Steyn
• Wian Smuts
• Rumon van Staden
• Ruan Viviers

Volgens Trompie van der Berg, sport- en atletiekhoof by Monnas, speel hulle gereeld op die Krugersdorp Gholfbaan in verskillende ligas deur die jaar, waar Monnas dikwels optree as gasheer vir hierdie tipe geleenthede.

DJ Pretorius chip. Foto ingestuur. 

Noordheuwel het uiteindelik as oorwinnaars uit die stryd getree, met goeie vertonings van hul spelers.

Die top drie uitslae was soos volg:

• Connor Steyn (68) – Monnas
• Wian Smuts (69) – Noordheuwel
• Henco Steyn (71) – Noordheuwel

“Dit was ’n pragtige dag en die gholf is in uitstekende gees gespeel,” het Trompie gesê.

Nories se Rumon van Staden op die setperk. Foto ingestuur 

WP Laidlaw, sporthoof by Nories, het bygevoeg dat die dag goed gereël was en dat die seuns baie uitgesien het daarna om teen die buurskool kragte te meet. Hy het verwys na die groot opgewondenheid in die dorp rondom die Beste in die Weste-week en gesê dat dit ’n besondere voorreg is om deel daarvan te wees. Laidlaw het ook sy trots uitgespreek oor Wian Smuts se prestasie met ’n telling van 69.

“Om te wen is altyd lekker en dit wys vir ons dat Noordheuwel se gholfprogram gesond is en groei, maar dit is nie die enigste doel van gholf of sport nie. Vir my gaan dit meer oor nuwe vriendskappe wat gevorm word en oor gesonde mededinging wat ’n liefde vir die sport en vir jou skool kweek,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button