School sport

Monnas-en-Nories-derby: Old Boys-aksie skuif na Noordheuwel

Nat veldtoestande het ’n verandering van speelterrein vir die gewilde Old Boys-kragmeting tussen Monnas en Nories genoodsaak, maar die wedstryd gaan steeds voort.

Die gewilde Old Boys-wedstryd tussen Hoërskool Monument en Hoërskool Noordheuwel hierdie Vrydagaand, 8 Mei, beloof steeds om ’n hoogtepunt te wees, al is die speelveld weens swaar reën verander.

Die onlangse reën het daartoe gelei dat die wedstryd nou by Noordheuwel gespeel sal word in plaas van by Monnas. Die afskoptyd bly egter onveranderd, met die spelers wat steeds om 18:30 kragte sal meet.

LEES OOK: Skole-derby: Nories slaan eerste hou met gholf

Trompie van der Berg, sport- en atletiekhoof by Monnas, het bevestig dat die besluit geneem is om Monnas se hoofveld te beskerm voor Saterdag se derbywedstryde.

“Die onlangse reën het die veld te nat gemaak, en ons wil dit nie beskadig voor Saterdag se groot wedstryde nie,” het Van der Berg gesê.

Hy het verder verduidelik dat die res van die naweek se rugbyprogram soos beplan sal voortgaan. Volgens hom sal Saterdag se wedstryde steeds by Monnas plaasvind, terwyl Vrydag se wedstryde op die B- en D-velde ook sal voortgaan.

Van der Berg het afgesluit deur te sê dat hulle daarna uitsien om die gemeenskap die hele naweek langs die veld te verwelkom vir nog ’n opwindende Derby-wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button