Boksers se harde werk word met toekennings beloon

Die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub het hulle jaarlikse toekenningsaand gehou om hulle boksers vir al hulle harde werk te bedank.

Die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub het op 8 November hulle jaarlikse toekenningsaand by Avianto gehou om hulle boksers vir al hulle harde werk in die kryt en gedurende oefening deur die jaar te bedank.

Die volgende boksers het wisseltrofeë ontvang:

• Pligsgetroue bokser – Jan Kotze

• Moedigste bokser – JP Jardine

• Beste vordering – Dylan Brink

• Beste sportman van die jaar – H Jardine

• Moedigste seun van die jaar – Dean Kotze

• Getrouste en gewilligste bokser van die jaar – Christian Rossouw

• Beste presteerder van die jaar – Hester Jardine

• Van Niewenhuizen: Moedigste seun – Marco Maree

• Beste afrigter – Paul Fouche

• Beste beginner – Shawn Kruger

• Johan Sinden: Beste presteerder – Shane Niemandt

• Beste tegniese junior bokser – Bryan Laranja

• Beste gemotiveerde bokser – Leon Boshoff

• Beste gesindheid – Charl Engelbrecht

• Wetenskaplike bokser – Quintis Reekie

• Gedissiplineerde bokser tydens toernooi – Charl Engelbrecht

• Beste sportmangees van die jaar – Casper Eloff

• Beste ma van die jaar – Elsie Engelbrecht

• Beste pa van die jaar – Callie Engelbrecht

• Beste vordering – Quintis Reekie

• Beste beampte – Frikkie Gouws

• Meeste potensiaal – Jassie Kotze

• Positiewe gesindheid – Rubin Posthumus

• Opkomende bokser – Danie Nel

• Opdragte uitgevoer tydens gevegte – Ruan Erasmus

• C Engelbrecht: Oudbokser – Ryno Liebenberg

Verskeie boksers het ook sertifikate ontvang vir deelname aan die Wes-Gauteng en Suid-Afrikaanse Bokskampioenskappe.

Die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub bedank graag al die ouers, afrigters en beamptes wat hulle gehelp het om die jaar suksesvol af te sluit.

Check Also
Close
Back to top button