Kunstige kinders by Proties
Tien leerders van Laerskool Protearif het in die Top 5 geëindig tydens Connexo Kerk se tekenkompetisie.
‘n Handjievol leerders van Laerskool Protearif het onlangs aan Connexo Kerk se tekenkompetisie deelgeneem waarvan 10 leerders in die top 5 in hul afdeling geëindig het.
Elke graad het ‘n tema gekry om te teken – graad 1 tot 3 moes Die Skepping teken; graad 4 en 5 Die Geboorte van Jesus en graad 6 en 7 Jesus en sy Dissipels. Hulle kon enige medium gebruik het.
Daar was ook kontant pryse op die spel en die eerste drie plekke kon tussen R250 en R1 250 wen.
Nikah Schmidt in graad 2 het eerste geëindig; Miatay Ferreira (graad 2) tweede; Shanté Pretorius (graad 2) vyfde en Robert Shaw (graad 4) vierde.
Wat die seniors aanbetref was Kara-Marie Prinsloo (graad 6) tweede; Milan Blignaut (graad 7) eerste; Annabel Blignaut (graad 4) ook eerste; Ize Jordaan (graad 4) vyfde; Hesmari de Klerk (graad 5) vierde en Shayne Pretorius (graad 6) derde.
Baie geluk aan al die wenners.

