COETZER MW (T3571/1984) KENNISGEWING IN TERME VAN REGULASIE 68 VAN DIE REGISTRASIE VAN AKTES WET, 1937, TEN OPSIGTE VAN `N...
COETZER MW (T3571/1984) KENNISGEWING IN TERME VAN REGULASIE 68 VAN DIE REGISTRASIE VAN AKTES WET, 1937, TEN OPSIGTE VAN `N VERLORE TITELBEWYS Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die uitreiking van `n gesertifiseerde afskrif van Transportakte Nommer T3571/1984 gepasseer deur die Eksekuteur in die boedel van wyle Louis Möller, ten gunste van Markus Wynand Coetzer, Identiteitsnommer 510721 5008 00 2, ten aansien van sekere Hoewe 157, geleë in LINDEQUESDRIF LANDBOUHOEWES UITBREIDING 1, Registrasie Afdeling I.Q. Transvaal wat verlore geraak het of vernietig is. Alle belanghebbendes wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes : Noord Gauteng te PRETORIA aktekantoor, binne twee weke vanaf datum van publikasie van hierdie kennisgewing. GETEKEN te BLOEMFONTEIN op hede 28 November 2025 TRANSPORTBESORGER TANYA OOSTHUIZEN (LPCM 59535) ROSSOUW S PROKUREURS PRES REITZLAAN 119 WESTDENE BLOEMFONTEIN 9301 e-pos adres: [email protected] Telefoonnommer: 051 506 2500 Verw: FIR28/1505/1(RJR/ka)