DE VRIES F I T23571/1998 Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van regulasie 68 van die Registrasie van...
DE VRIES F I T23571/1998 Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die uitreiking van `n gesertifiseerde afskrif van TRANSPORTAKTE NOMMER T23571/1998 gepasseer deur CHRISTIAAN JACOBUS SMIT Identiteitsnommer 640104 5111 00 6 ten gunste van FELICITY IVY DE VRIES Identiteitsnommer 491108 0084 00 1 ten aansien van GEDEELTE 1 van ERF 878, KROONSTAD, distrik KROONSTAD, Provinsie VRYSTAAT GROOT 1 030 (EEN DUISEND EN DERTIG) vierkante meter, wat verlore geraak het of vernietig is. Alle belanghebbendes wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes te Bloemfontein, te die kantoor van die Registrateur, kamer B29 binne twee weke vanaf datum van publikasie van hierdie kennisgewing. Gedateer te Kroonstad op hede die 21ste dag van JANUARIE 2026. TRANSPORTBESORGER RYAN LESLIE DAY (verwysing: DA0831) NAUDé- THOMPSON ING. CROSS-STRAAT 98 KROONSTAD 9499 E-pos: [email protected] Tel Nr.: 056 212-3280