DIE TRUSTEES VIR DIE HUIDIGE VAN DIE H EN DC TRUST (ST92644/1992) Hiermee…


DIE TRUSTEES VIR DIE HUIDIGE VAN DIE H EN DC TRUST (ST92644/1992) Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings...

DIE TRUSTEES VIR DIE HUIDIGE VAN DIE H EN DC TRUST (ST92644/1992) Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die uitreiking van `n gesertifiseerde afskrif van AKTE VAN TRANSPORT ST 92644/1992 gepasseer deur JOHAN LOUW, Identiteitsnommer: 600424 5066 002, Ongetroud ten gunste van DIE TRUSTEES VIR DIE HUIDIGE VAN DIE H EN DC TRUST, Nr 1222/85, ten aansien van `n Eenheid bestaande uit (a) DEEL NO 18 soos aangetoon en vollediger beskryf op Deelplan no SS 104/84 in die skema bekend as POKU ten opsigte van die grond en gebou of geboue geleë te GEDEELTE 1 VAN ERF 310 MUCKLENEUK PLAASLIKE OWERHEID: STADSRAAD VAN PRETORIA, van welke deel die vloeroppervlakte, volgens genoemde deelplan, 32 (TWEE EN DERTIG) vierkante meter groot is; en (b) `n onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom in die skema, aan genoemde deel toegedeel ooreenkomstig die deelnemingskwota soos op genoemde deelplan aangeteken, wat verlore geraak het of vernietig is. Alle persone wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes te PRETORIA binne twee weke na datum van publikasie van hierdie kennisgewing GEDATEER te PRETORIA op hierdie 27ste dag van FEBRUARIE 2026. ADRIAAN BOOYENS ADRIAAN BOOYENS PROKUREUR GLENWOOD OFFICE PARK BLOK C, GROND VLOER 266 SPRITELAAN FAERIE GLEN, PRETORIA, 0081 TEL: (012) 342 7811 E-pos: [email protected]