RESIDENTIA STIGTING (SK551/1997) KENNISGEWING IN TERME VAN REGULASIE 68…


RESIDENTIA STIGTING (SK551/1997) KENNISGEWING IN TERME VAN REGULASIE 68 VAN DIE REGISTRASIE VAN AKTES WET, 1937, TEN OPSIGTE VAN `N...

RESIDENTIA STIGTING (SK551/1997) KENNISGEWING IN TERME VAN REGULASIE 68 VAN DIE REGISTRASIE VAN AKTES WET, 1937, TEN OPSIGTE VAN `N VERLORE TITELBEWYS Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die uitreiking van `n gesertifiseerde afskrif van Sertifikaat van Saaklike Regte Nommer SK551/1997 gepasseer deur Die Registrateur van Aktes Vrystaat te Bloemfontein ten gunste van RESIDENTIA STIGTING; SO IS DIT DAT ingevolge die bepalings van genoemde Wet, ek, die REGISTRATEUR VAN AKTES te BLOEMFONTEIN hierby sertifiseer dat die Ontwikkelaar of sy opvolgers in titel, die geregistreerde houer is van die reg om van tyd tot tyd binne `n tydperk van 30 (DERTIG) jaar vir sy persoonlike rekening `n verdere gebou of geboue op te rig en te voltooi op die aangewese gedeelte van die gemeenskaplike eiendom, soos aangetoon op die plan soos bedoel in Artikel 25(2)(a) van die Wet, in hierdie kantoor geliasseer, en om sodanige gebou of geboue in *`n deel of dele en gemeenskaplike eiendom te verdeel en om die reg tot uitsluitlike gebruik oor `n gedeelte van daardie gemeenskaplike eiendom te verleen aan die eienaar of eienaars van een of meer dele in die skema bekend as BETHLEHEM AFTREE-OORD ten opsigte van die grond en gebou of geboue geleë te BETHLEHEM en getoon op Deelplan SS60/1997, wat verlore geraak het of vernietig is. Alle belanghebbendes wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes Vrystaat te BLOEMFONTEIN, binne twee weke vanaf datum van publikasie van hierdie kennisgewing. GETEKEN te BLOEMFONTEIN op hede AUGUSTUS 2025. TRANSPORTBESORGER TANYA OOSTHUIZEN (LPCM 59535) ROSSOUW S PROKUREURS PRES REITZLAAN 119 WESTDENE, BLOEMFONTEIN 9301 Teleoonnommer : 051 506 2500 RES2/0006 (TO/hw).