REVELAS A E W (T110141/2001) VERLORE OF VERNIETIGDE TITELAKTE Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van regulasie 68...
REVELAS A E W (T110141/2001) VERLORE OF VERNIETIGDE TITELAKTE Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die uitreiking van `n gesertifiseerde afskrif van Akte van Transport T110141/2001 gepasseer deur Gerrit Pieter Bezuidenhout, Identiteitsnommer 290115 5025 08 0, Getroud buite gemeenskap van goedere ten gunste van Alaxandra Edward William Revelas, Identiteitsnommer 300109 5036 08 8, Ongetroud ten aansien van Resterende Gedeelte van die Plaas Northampton 23, Registrasie Afdeling K.Q., Noordelike Provinsie, wat verlore geraak het of vernietig is. Alle persone wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes: Limpopo te Polowane binne twee (2) weke na datum van publikasie van hierdie kennisgewing GEDATEER te PRETORIA op hierdie 19de dag van Junie 2025. ADRIAAN BOOYENS ADRIAAN BOOYENS PROKUKEUR GLENWOOD OFFICE PARK 266 SPRITE LAAN FAERIE GLEN, PRETORIA, 0081 TEL: (012) 342 7811 E-pos: [email protected]