ST2713/2020 DIE TRUSTEES VAN TYD EN WYL VAN DIE TALJAARD FAMILIE TRUST Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings...
ST2713/2020 DIE TRUSTEES VAN TYD EN WYL VAN DIE TALJAARD FAMILIE TRUST Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om `n gesertifiseerde afskrif van Transportakte Nommer ST2713/2020 gepasseer deur DIE EKSEKUTEUR IN DIE BOEDEL VAN WYLE MATTHYS JOHANNES TALJAARD BOEDELNOMMER 3769/2019 ten gunste DIE TRUSTEES VAN TYD EN WYL VAN DIE TALJAARD FAMILIE TRUST REGISTRASIENOMMER IT773/2017(B) ten aansien van `n sekere (a) Deel Nr 11 soos getoon en vollediger beskryf op Deelplan Nr. SS174/2009 in die skema bekend as SPRING CREST ten opsigte van die grond en gebou of geboue geleë te BLOEMFONTEIN MANGAUNG METROPOLITAN MUNISIPALITEIT, van welke die vloeroppervlakte, volgens genoemde deelplan, 102 (Een Honderd en Twee ) vierkante meter groot is, en (b) `n onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom in die skema, aan genoemde deel toegedeel ooreenkomstig die deelnemingskota soos op genoemde deelplan aangeteken wat verlore geraak het of vernietig is. Alle persone wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes te Bloemfontein binne twee weke na datum van publikasie van hierdie kennisgewing. Gedateer te Bloemfontein op 14 Julie 2026 FOURIE PROKUREURS President Reitzlaan 123 Westdene Bloemfontein 9301 e-pos: [email protected] Tel nr 051-4475093