T39330/1980 SCHUTTE M A J VERLORE OF VERNIETIGDE TITELBEWYS Hiermee word…


T39330/1980 SCHUTTE M A J VERLORE OF VERNIETIGDE TITELBEWYS Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68...

T39330/1980 SCHUTTE M A J VERLORE OF VERNIETIGDE TITELBEWYS Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die uitreiking van `n gesertifiseerde afskrif van Akte van Verdelingstransport T39330/1980 gepasseer deur BAREND JACOBUS FILIPPUS SCHUTTE (gebore op 18 April 1914), HENDRIK STEPHANUS BURGER (gebore op 9 Januarie 1911) en MACHIEL ANDRIES JOSIAS SCHUTTE (gebore op 9 November 1920), ten gunste van MACHIEL ANDRIES JOSIAS SCHUTTE (gebore op 9 November 1920), sekere RESTERENDE GEDEELTE VAN GEDEELTE 39 (`N GEDEELTE VAN GEDEELTE 23) VAN DIE PLAAS KALBASFONTEIN 365, REGISTRASIE AFDELING I.Q., TRANSVAAL wat verlore geraak het of vernietig is. Alle belanghebbendes wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes: Noord-Gauteng te PRETORIA, Lilian Ngoyi Straat 600, Berea Park, Pretoria, 0001, binne 2 (TWEE) weke vanaf 1 OKTOBER 2026, synde die datum van publikasie van hierdie kennisgewing. . Gedateer te PARYS op hierdie 18de dag van SEPTEMBER 2026 COETZEES ING Prokureurs vir Aansoeker Buitenstraat 25 /Posbus 5 PARYS, 9585 E-pos: [email protected] Tel: 056 811 2136 (VERW. MNR JP COETZEE (JNR)/ADT/MAT9540)