Vossies speel aanvallende hokkie
Die Hoërskool Ben Vorster se seunshokkiespanne het op 6 Mei kragte gemeet met die Hoërskool Louis Trichardt.
Die 0/15A-span het ‘n ligawedstryd gespeel en die Vossies het die eerste doel aangeteken.
Louis Trichardt het verbete teruggeveg en ‘n doel aangeteken in die tweedehelfte. Die wedstryd het uiteindelik gelykop geëindig met 1 elk.
Die 0/16A-span van die Vossies het ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel teen Louis Trichardt se 2de span. Die Vossies het die wedstryd oortuigend gewen met 5 – 0.
Andy Ntuli is as speler van die wedstryd aangewys.
Die Vossies se 1ste span was die eerste 20 minute op die verdediging.
Louis Trichardt het baie sterk aanvallende hokkie gespeel. In die tweede helfte het die twee spanne 2 elk gelykop gelê.
Louis Trichardt het in die laaste paar minute van die wedstryd ‘n doel aangeteken en die wedstryd gewen met 4 – 3.



