EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Oggendtee ten bate van bejaardes by Fairview aangebied

Die SAVF Tzaneen tak hou 'n oggendtee as fondsinsameling op Saterdag 23 Mei by Fairview Hotel met die doel om die SAVF Bouprojek vir Bejaardebehuising te versterk.

Die tema is “Downton Abbey” en by hierdie geleentheid sal die sanger, Adam Barnard optree saam met die gasspreker, Maralise Janse van Rensburg.

Die spreekwoord sê: Waar ek my hoed neersit, daar is my huis!

Ons staan vandag met die spreek-woordelike hoed in ons hand om geld daarin gegooi te kry sodat die Bouprojek gedoop “GENADERUST” suksesvol kan wees.’

Met hierdie bouprojek beoog hulle om, op hulle eiendom geleë te King Edward Rylaan, 6 woonstelle te bou vir okkupasie daarvan deur behoeftige senior burgers.

Die behuising sal bestaan uit 3 eenhede met 2 woonstelle van 45 vierkante meter elk, welke gebou moet word met ‘n beraamde boukoste van R220 000 per eenheid. hulle is reeds ver gevorder in die hele proses en wag nou slegs vir goedkeuring van die bouplanne deur die Munisipaliteit waarna ons hopenlik nog later in hierdie jaar met die eerste eenheid sal kan begin.

‘Daar is so baie bejaarde en senior mense wat ‘n plekkie nodig het om hulle hoede in neer te sit en in genade te kan rus. Ons kan dit uitdeel waarvan ons so mildelik meer geseën word, maar daar is ‘n keuse hierby, geen verpligting. Bydraes kan wees soos wat jy het. Is jy ‘n reënboog of ‘n tent, dalk ‘n sambreel of miskien ‘n hoedgewer, enige bedrag of skenking word waardeer.’

Die SAVF is op 19 Oktober 1904 in Pretoria gestig. Die SAVF word gerespekteer vir hul dienste, kennis en ondervinding ten opsigte van: Kinder– en jeugsorg, Maatskaplike Ontwikkeling, Gesinsorg, Bejaarde- en gestremdesorg

Skakel Ilza Roelofse (082 773 0471 – savf@telkomsa.net) of Lidell Botha (083 389 3915 – lidellbotha@gmail.com) met enige verdere navrae.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button