Skryf in en woeker met jou talente
Daar word gesoek na nuwe talent vir 2016 se Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste!
Is jy dalk die nuwe Wêreld Ster in Suid-Afrika?
Wie kan almal deelneem? Toneelspelers, dansers, sangers, modelle, verskeidenheid kunstenaars, musiekblyspel groepe, ritmiese gimnastiek, instumentaal en selfs kore.
Die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste vier vanjaar al hul 19de bestaansjaar.
Hierdie kompetisie word verteenwoordig deur nege provinsies waar deelnemers dan deur dring om hul provinsie te verteenwoordig tydens die SA Kampioenskap te Rustenburg.
Tydens die SA Kampioenskae ding deelnemers mee om deel te wees van die SA Span wat in Julie 2016 die Wêreld Kampioenskap bywoon in Los Angeles.
Hierdie kompetisie bied ‘n gulde geleentheid aan jong opkomende talent om hul talent in die uitvoerende kunste uit te oefen en word hul ook ‘n kans gegun om raak gesien te word.
Die SA Kampioenskap bied ‘n platvorm is vir oud en jonk om hulle passie en talente uit te leef en hulle drome ‘n realiteit te maak.
Alle ouderdomsgroepe kan deel neem. Die junior afdeling bestaan uit die volgende kategorieë: 5-7 jaar, 8-10 jaar, 11-12 jaar, 13-15 jaar.
Die senior afdeling bestaan uit die volgende kategorieë: 16-17 jaar, 18-24 jaar, 25-29 jaar en 30+.
Individue en groepe is welkom. Om die SA Kampioenskap op ‘n hoë standard te hou word daar slegs medaljes gegee vir: Goud, silwer en brons in elke afdeling en styl, in elke ouderdoms kategorie.
Daar word ook trofeë toegeken, asook kontantpryse vir kategorie wenners en toekenings vir die beste junior en senior.
Die SA Kampioenskap vind plaas vanaf 1-10 April 2016 te Rustenburg se Burger Sentrum.
Die kompetisie bestaan uit drie rondes: Die 1ste ronde, nl die provinsiale ronde wordop 20 Februarie in Tzaneen gehou.
Die 2de ronde, nl die SA Kampioenskap word op 1 tot 10 April in Rustenburg gehou.
Die 3de ronde, die Wêreld Kampioenskap vind in Julie in Los Angeles plaas.
Die oudisies vir Haenertsburg, Tzaneen, Duiwelskloof, Phalaborwa en Hoedspruit vind plaas op Saterdag, 20 Februarie by die NG Kerk Moedergemeente in Tzaneen.
Dit is die kerk aan die oorkant van die Laerskool Tzaneen.
Registrasies begin om 09:00, waarna die res van die program volg.
Skakel gerus die twee agente, Bonita en Lizelle vir enige verdere navrae by die volgende nommers: Bonita by 071 852 4782 of Lizelle by 082 806 2759.




