Laerskool Tzaneen se bemarkingskomitee het vorendag gekom met ‘n idee en dit is uiteindelik deurgetrek tot realiteit deur die 2016 leierskorps van die skool.
‘Lardus die leeu’ wat ook die skool se gelukbringer is, is ook nou in die vorm van ‘n embleem aangebring teen een van die mure by die ingang van die skool. Luidens die skool wou hulle, hulle eie identiteit afdruk. Hulle wil graag al die borge bedank wat gehelp het om die embleem te laat realiseer en vir die leiers wat dit agterlaat is dit ‘n riem onder hulle Larrieharte.
Die skool se huidige embleem is ook opgeknap en pronk ook nog op die skool terrein.
Die tradisie van die skool bly voortbestaan…en brul nou net bietjie harder.
Maar dit is nie waar die gebrul gaan ophou nie. Letaba Herald verneem dat ‘n klomp ‘welpie idees’ ook besig is om gestalte te kry, maar net soos die besoek aan die wildtuin, kan ons nie nou al die verrassings om elke bos en tak uitlek nie.
Hou Letaba Herald se webtuiste dop.



