‘Die Here het my weggelei’ glo George’s Valley roof slagoffer
Tussen 10:35 en 10:45 het Vicky Smith skielik haar sleutels gegryp en vir haar kinders gesê dat hulle nou moet ry.

Vicky Smith en haar gesin was besig met hul gewone Sondag-roetines toe sy skielik ‘n gevoel gekry het dat iets vreemds aan die gang is.
Haar man, Herman, het reeds na sy ouers in Mageobaskloof gery. Vicky en haar drie kinders het by die huis gebly.
LEES OOK: MODJADJISKLOOF: Police make breakthrough into suspected farm attack syndicate
Volgens Vicky, het haar hond begin blaf, maar toe sy gekyk het, het sy niks gesien nie.
Sy het toe wasbak toe geloop om die laaste bietjie skottelgoed te was, en dit was toe sy die gevoel gekry het dat iets vreemds in die lug is.
“Tussen 10:35-10:45, toe ek weer wasbak toe wil loop om die skottelgoed klaar te was, gryp ek die karsleutels en en sêvir ons kinders dat ons moet ry. En ek is daar weg met ‘n spoed,” het Vicky aan die Letaba Herald vertel.
Vicky, ‘n Christen, glo dat God haar weggelei het van die toneel.
Ek glo die Here het my weggelei.
Toe hulle weer twee ure later by die huis aangekom het, kon hulle nie glo wat gebeur het nie.
LEES OOK: UPDATE: Yet another suspected farm attacker arrested with weapons cache
“Toe ons om 12:40 terugkom by die huis, vind ons, ons stukkende vrieskasdeur mooi voor die yskas. En toe my man om gaan na die kamers se kant toe, vind hy die kluis op die vloer, my kas en my linne uitgegooi,” het Vicky vertel.
Hulle moes tot Dinsdag wag voor hulle weer van hulle goed kon terug kry.
Ons moes gister [Dinsdag] ons goed gaan uitken het.

Alhoewel hulle hierdie goed kon terugkry, is daar steeds een wapen, twee kragsae, ‘n TV, ‘n fiets, klere, linne en ‘n skootrekenaar wat weg is.



