Editor's choiceLocal newsNews

Tzaneen: Bejaardes ontvang water

Ouetehuise in die Tzaneen omgewing het op Menseregtedag ongeveer 52 5litre bottels water elk ontvang.

Hierdie donasie was deur AfriForum geloots om die bejaardes deur die onlangse beurtkrag en waterkortings te help, volgens Pieter Venter, Voorsitter van die Tzaneentak. God’s Haven sorgsentrum, onder andere, het dié skenking van drinkwater ontvang.

“Soos ons dit verstaan is dit ter ondersteuning vir die tye wat die krag af is en ons dan ook nie water het nie,” het Linda Mienie aan LETABA HERALD gesê.

Goue Jare het ook bevestig dat hulle water ontvang het.

Lees: Bejaarde ontvang uitstekende diens in Tzaneen

Die HERALD kon nie vasstel watter tehuise ook water ontvang het nie.

Daar word verneem dat die waterbottels hervul sal word deur AfriForum.

‘n Plaaslike water verskaffer het vir die HERALD bevestig dat hulle deel is van hierdie aksie.

“Ons het ‘n ooreenkoms gestig dat enige ou inwoners van Tzaneen hulle eie bottels of houers na ons toe kan bring en gratis water kan hervul,” verduidelik die eienaar van die besigheid.

Hulle verkies om anoniem te bly en wil graag die fokus op AfriForum hou aangesien dit hulle inisiatief is.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Soutpansberg, is hierdie aksie ’n uitstekende voorbeeld van hoe gemeenskappe mekaar in tye van nood kan bystaan.

“Tzaneen se gemeenskap moet hande vat en saam staan – hoe meer mense betrokke raak, hoe groter die impak en verskil wat ons in ons dorp kan maak,” luidens Grobbelaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button