Local news

Sirkusleeus kry tuiste by SanWild Sanctuary op Gravelotte

Twee sirkusleeus van Lyon, Frankryk het Donderdagaand by nuwe tuiste by SanWild Sanctuary op Gravelotte aangekom.

“’n Sirkuseienaar het hulle vrywillig aan Tonga Terre d’Accueil, ‘n dierereddingsvereniging in Frankryk oorhandig nadat ‘n nuwe wet dit vanaf 2028 onwettig vir sirkusse in Frankryk maak om wilde diere aan te hou,” verduidelik Didi Schoeman, direkteur van SanWild Sanctuary. Volgens hom was die leeus tot nou toe net aan sirkuswaens gewoond gewees. “Reddingsentrums soos Tonga word oorval met wilde diere en selfs seekoeie wat aan hulle oorhandig word,” sê hy.

Vandat Tonga Terre d’Áccueil met SanWild kontak gemaak het, het dit sowat ‘n jaar geneem om die nodige geld in te samel om die leeus na Afrika terug te bring. “By die reddingsentrum het die twee leeus in ‘n 300m² kamp gebly. Die leeus ken glad nie bos nie, ons het hulle Vrydagoggend in ‘n 1ha-kamp vrygelaat. “Ons beplan om ‘n 5ha (50 000m²) kamp vir Massai en Kyara te bou sodat hulle vry kan leef,” sê Schoeman.

SanWild se personeel maak gereed om die leeus vry te laat.

Lees ook: Lions roaming around Phalaborwa town captured

Kyara.

“Die leeus sal nooit in die wildernis vrygelaat kan word nie, hulle is gewoond aan mense en het nog nooit vir kos gejag nie, maar ons kan vir hulle soveel spasie en vryheid gee as wat ons kan en die kampe so groot en natuurlik as moontlik maak,” sê hy. Volgens Schoeman sal die 5ha-kamp wat gebou word ‘n bergagtige gedeelte, ‘n vlakte en baie bome insluit. “Dit is ‘n spanpoging om die leeus vryheid te gee en ons neem die verantwoordelikheid aan om die twee leeus te voer vir ten minste die volgende tien jaar,” sê hy.

Massai is Vrydag vrygelaat.

Die leeus, ‘n broer en suster, is tans 13 jaar oud en leeus wat in aanhouding is en nie in die natuur hoef te kompeteer nie, kan volgens Schoeman ouer as 20 jaar oud word. Vier tierboskatmannetjies wat uit die onwettige dierehandel gered is, het ook by SanWild ‘n tuiste gekry. Die tierboskatte sal op die 3 000ha-wildsreservaat vrygelaat word. Volgens Schoeman word daar verdere projekte beplan saam met dierereddingsorganisasies in Frankryk om volgende jaar nog wilde diere terug te laat keer na hulle natuurlike habitat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button