SchoolsSport

Vossies laat rekords spat by interhoërswemgala

Die swemspan van Hoërskool Ben Vorster, die Vossie Flippers het verskeie rekords verbeter by die interhoërswemgala.

Die plaaslike interhoërswemgala het verlede Donderdag by Stanford Lake College plaasgevind met swemspanne van Hoërskool Pietersburg, Merensky Landbou Akademie, Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Tom Naudé en Stanford Lake College wat deelgeneem het. Die Vossies het goeie veggees getoon en wen 17 goue medaljes, sewe silwer medaljes en 20 brons medaljes en 13 rekords is opgestel.

Jason Loucou wen die senior Victor Ludorum-trofee.

Die Vossie Flippers behaal ‘n algehele tweede plek na hulle vir die afgelope 15 agtereenvolgende jaar die wenners was. Wessel Joubert wen die junior Victor Ludorum-trofee en Jason Loucao die senior Victor Ludurom-trofee. Yvonne Botha stel ‘n rekordtyd op vir die meisies o/17-o/19 in die 200m-wisselslag (02:41:72), 50m-borsslag (01:20:9), 50m-vlinderslag (34,5) en 100m-borsslag (01:24:41). Armand van Vuuren stel ‘n rekord van 01:05:38 op in die seuns o/17-o/19 100m-vlinderslag.

Lees ook: Hoedie athletes show their mettle at inter-high

Joszua Joubert stel drie rekords op in die seuns o/17-o/19 ouderdomsgroep. Hy swem die 50m-borsslag in 33,69, 100m-vryslag in 57,72 en 50m-vryslag in 26,02. Jason Loucao stel drie rekords op in die seuns o/17-o/19 ouderdomsgroep en verbeter die 50m-rugslagrekord na 28,35, 100m-borsslag van 01:31:34 na 01:08:96 en die 100m-rugslag na 01:01:34.

Swemmers

Die senior seunsaflosspan met Armand van Vuuren, Joszua Joubert, Jason Loucao en Juan Meintjes verpletter die 200m-vryslagaflos na 01:44:93, ongeveer sewe sekondes vinniger en hulle verbeter die 200m-wisselslagaflos met ongeveer 18 sekondes na 01:58:26.

Top drie uitslae van Interhoërswemgala: Meisies: 1. Merensky Landbou Akademie (976 punte), 2. Hoërskool Ben Vorster (805 punte) 3. Stanford Lake College (735,5 punte). Seuns: 1. Merensky Landbou Akademie (860 punte) 2. Hoërskool Ben Vorster (858,5 punte)3. Hoërskool Pietersburg (843,5 punte). Groottotaal: Merensky Landbou Akademie (1 827 punte). Hoërskool Ben Vorster (1 663,5 punte).
Hoërskool Pietersburg (1 477,5 punte).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button