Sport

Cape Epic: ‘Dit was ’n riller!’

Die 2022 Cape Epic-bergfietsuitdaging wat Sondag na agt dae se uitmergelende roetes en uitsonderlike hitte by Val de Vie-landgoed in Paarl tot ‘n einde gekom het, was vanjaar ‘n riller.

So vertel Sydney Swart van die span Insect Science/Laastedrif wat sy eerste Cape Epic saam met spanmaat Conrad Burger voltooi het. Swart en Burger voltooi die Epic, wat oor agt dae strek en uit ‘n proloog en sewe dagwedrenne bestaan in ‘n tyd van 41:04.56,8. Hulle is 70ste in die manskategorie en is algeheel 131ste oor die eindstreep. Billy Noel en Jan-Louis Pretorius van Span Will & Grace het ook die toets van karakter aangedurf en die Cape Epic voltooi in 39:26.57,5. Hulle span is 29ste in die meesterskategorie en algeheel 101ste.

Die Cape Epic het vanjaar oor 681km gestrek en meer as 16 900m is geklim. “Die eerste twee dae was vir my, persoonlik, baie uitdagend gewees. Dit was verskriklik warm en hulle het tot 47ºC gemeet,” vertel Noel wat vanjaar sy eerste Cape Epic aangedurf het. “My spanmaat, Jan-Louis was hier sterk gewees en het my deur dit gehelp,” sê Noel.

Bill en Jan Louis.

Pretorius vertel dat die ervaring jou op alle vlakke meet en moeilik is om in woorde te stel. “Dit is ‘n massiewe voorreg om gesond en fiks genoeg te wees op die Epic te kan voltooi. Die grootste voorreg is om so ervaring met iemand spesiaal te deel. Ek en my vrou, Janine het die vorige Epic in 2018 saam aangedurf en vanjaar het ek dit saam met Bill gedeel. As mens regtig iemand se karakter en gees wil leer ken dan moet ‘n mens agt dae saam op die Epic spandeer,” vertel hy. Noel vertel dat hy en Pretorius sterker geraak het soos die uitdaging verloop het.

Lees ook: MTB in the bush

“Teen Sondag was ons doel om in die top 100 te wees, ons het dit toe met een plek gemis, maar het goed ingehaal,” sê hy. Vir Swart was dit ook die hitte van die eerste drie dae van die Epic wat ‘n groot uidaging was. “Ons het op die tweede dag van Stellenbosch na Greyton gery via die Ossewa-pad, waar ons ons fietse moes dra oor die pas, en het hier ook die hitte en massiewe rukwinde van 50-60km/h ervaar en die wind van vooraf gekry oor die berg,” vertel Swart. Luidens Swart was die derde dag nie uitermatig uitdagend nie, maar was die roete nogal klipperig.

“Dag vier was erg. Ons het op die Donderdag baie geklim en daar was tegniese en klipperige gedeeltes. Hier het ons die eerste helfte van die roete in die reën gery en was dit baie glad en ons was papnat gereën,” vertel Swart. Hy sê dat hy en spanmaat, Burger teen dag vyf, verlede Vrydag, reeds redelik moeg en gedaan was. “Hierdie was toe eintlik vir my die beste dag en het ons twee bergpasse met ‘n stertwind aangevat,” sê Swart. Dag ses was volgens Swart 80% enkelspoorroetes wat baie tegnies was.

Hy vertel dat hier ook taamlik spanne uit die resies moes onttrek as gevolg van skade tot hulle fietse. “Sondag, die laaste dag van die Epic, was die emosies klaar hoog op Simonsberg toe ons die eindpunt kon sien, maar die Epic se organiseerders het ons uitgevang en die roete het ons wéér berg-op geneem. So ons moes maar die emosies sluk voor ons die eindstreep by Val de Vie bereik het. Hulle sê dit was een van die moeilikste Epics in die geskiedenis,” sluit hy af.

BJ van Zyl en sy spanmaat, dr. André van den Berg het ook die Cape Epic aangevat vanjaar, maar Van Zyl moes weens ontwatering na die derde dag onttrek. Hy het egter goed herstel en vertel dat waterbottelbestuur van belang is op so ‘n hittige dag en uitdagende resies. Van den Berg het as individuele ryer die Epic voltooi in ‘n tyd van 52:32.30,8.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button