Sport

Riepies se dag van mini-netbal en bulletjie-rugby ‘n fees

‘n Groot skare ouers en klein sportgeesdriftiges het die afgelope naweek na Laerskool Mariepskop gestroom vir die jaarlikse bulletjie-rugby- en mini-netbaldag.

Toekomstige sportsterre van agt skole naamlik, Laerskool Drakensig, Laerskool Dr. Annecke, Laerskool Mariepskop, Laerskool Ohrigstad, Laerskool PhalaborwaSuid, Laerskool Phalaborwa-Noord, Laerskool Steelpoort en Laerskool Tzaneen het die dag bygewoon. Dié dag was vol pret belaai.

Also read: Riepies se super atlete neem deel aan Mopani Kampioenskappe

Die mini-Riepie-mammas van Mariepskop Kleuterskool het die honger mae vol gehou deur pannekoeke, yankees, tjips en nog vele meer te gebak en brou het. Die dag was gekroon met goeie sportsmangees en gelukkige kinders.

Laerskool Mariepskop bedank graag elke afrigter, personeellid, ouer, oupa, ouma en klein sportster wat die dag moontlik gemaak het en bygewoon het. Hul het almal deel uitgemaak van die lekker dag!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button