Sport

Letaba gryp 13-12 oorwinning

Letaba-rugbyklub se eerstespan het Saterdag ‘n harde ligawedstryd teen Potties-rugbyklub gewen.

Die manne van Letaba het sterk begin en vleuel, Armand van Niekerk, het vroeg in die eerste helfte reg onder die pale gaan druk. Heelagter, André Klopper het die drie verdoel.
Klopper het twee strafskoppe ook tussen die pale deurgestuur om ‘n 100% skoprekord in die wedstryd te handhaaf.
Letaba het die skrums oorheers en het goeie balbesit gehad, maar kon ‘n paar geleenthede in die eerste helfte nie in punte omskep nie.

Letaba-rugbyklub se eerstespan het Saterdag hulle ligawedstryd teen Potties-rugbyklub gewen.

Potties het in die tweede helfte egter twee drieë gaan druk en in een doelskop geslaag om twaalf punte aan te teken.Ten spyte van ‘n geel kaart aan agsteman, Marco van Deventer, het Letaba aan die een punt voorsprong vasgeklou om die wedstryd 13-12 te beklink.
“Ja, hy het ‘n geel kaart gekry, maar hy het uitstekend gespeel en is my speler van die wedstryd as dit nou nie vir die kaart was nie,” vertel afrigter, Jaco Moller.
Die manne van Letaba-rugbyklub dra ook hulle innige simpatie oor aan Armand van Niekerk, wie se broer Saterdag skielik oorlede is.

Lees ook: Letaba Rugby Club is more than a sports club

“Letaba se manne is saam met jou,” sê Moller. Letaba se volgende ligawedstryd is op 21 Mei teen hulle ou vyande van Louis Trichardt-rugbyklub op hulle tuisvelde by Letaba-skougronde.
Spelers wat belangstel om by die klub aan te sluit kan Bennie Kruger op 083 635 1731 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button