Sport

Dertigste Kremetart-padfietswedren ‘n reuse-sukses

Die dertigste ZZ2 Kremetart-padfietswedren het Saterdag in Makhado plaasgevind met byna 500 fietsryers wat die drie wedrenne aangepak het.

Die 175km-wedren bestaan uit vier skofte en afsonderlike roetes, waar die eerste roete deur ontbyt, tweede roete deur middagete, derde roete met teetyd en vierde roete met ‘n potjiekos aandete en vermaak in die feestent afgesluit word.
Brandon Downes het algehele eersteplek in die 175km-resies gevat en het die pak gelei in die eerste skof van 53km en dit in 1:19:16 voltooi. Hy voltooi die tweede skof se 48km in 01:10:25 en het die derde skof, 52km op die Vivo pad in 1:17:43 voltooi.

Die vierde skof is ‘n 22km-roete wat ‘n steil klim na Otto’s Hoogte insluit voor daar terug na Makhado afdraende gejaag word. Downes voltooi die skof in 35:47 vir die algehele eersteplek. In die vroue-afdeling het Sonica Klopper eerste oor die eindstreep getrap. sy voltooi die eerste skof in 1:33:51, tweede skof in 1:21:01, derde skof in 1:44:06 en finale skof in 43:35. Anna Clemons vat tweedeplek in die vroue-afdeling en eersteplek in die veteraankategorie deur die roete in 5:21:20 klaar te trap.

Op die TA-tandemfiets het Jacobus van Dyk en Pieter Avenant die voortou gevat en die resies met ‘n tyd van 4:37:35 voltooi om die eersteplek op die podium vol te staan.
Caroline en Mark Farmer vat eersteplek in die TC Tandem-afdeling en voltooi die roete in 5:15:14. Tweedeplek in die afdeling is deur Zelda en Walt Katzke gevat. Hulle voltooi die wedren in 5:20:13.
Die 70km-padfietswedren is deur junior ryer Musa Mabuza gewen in ‘n tyd van 2:04:43. Eliz-Mari Pretorius is die eerste vrou oor die eindstreep en voltooi die resies in 2:08:48.

Zelda en Walt Katzke met hul tandemfiets.

Lees ook: Speke sing by nuwe Magoebaskloof-roete

Hugh Robert Moubray is die eerste e-fiets oor die eindstreep en wen die afdeling met ‘n tyd van 2:23:32.
In die 35km-padfietswedren het Waldo Strijdom die algehele eersteplek gevat en die resies in 1:08:22 voltooi. Daniel Lee is in tweedeplek met ‘n tyd van 1:11:07 gevolg deur Matthew Lee wat die resies in 1:13:12 voltooi het. Al drie die fietsryers het in die jeug-afdeling gekompeteer. Elite-ryer, Karla van Zyl is die eerste vrou oor die eindstreep in die 35km resies en sy voltooi die resies in 1:14:54.

Jenna Adlam vat die tweedeplek met ‘n tyd van 1:17:09.
Stanley Thompson, wedrendirekteur van die Kremetart, vertel dat dit ‘n voorreg is om ‘n resies van dié gehalte aan te bied die afgelope dertig jaar.
“Ons het oor die jare geleer uit ons foute en geleer dat dit sonder borge nie moontlik is nie, Limpopo Toerisme en veral ons hoofborg, ZZ2, het ons hier goed bygestaan.

Ons het by die wenresep gehou, vier skofte wat met etes aangevul word. Die vermaak wat die aand by die feestent aangebied word is veral ‘n trekpleister vir die Gautengse fietsryers om die lang pad na Makhado aan te vat vir die Kremetart,” vertel Thompson.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button