Sport

Sitrus-toernooi lok spelers landwyd

Die jaarlikse Sitrus-rolbaltoernooi het Vrydag en Saterdag by ATKV Eilandrobalkub plaasgevind.

Die eksklusiewe toernooi is jaar-op-jaar ‘n hoogtepunt met spelers wat van regoor die land reis om mee te ding en die geleentheid te geniet. Naas Gouws, voorsitter van die klub het spelers verwelkom en ook seker gemaak dat elkeen ‘n sakkie lemoene van die kontrei kon saamneem na die geleentheid. “Ons het vanjaar ‘n vol baan spelers gehad wat deelgeneem het en het ook 93 spelers by die rolbalbaan hier opgelei,” het Gouws vertel.

Lees ook: Eiland rolbalklub geniet laaste groot borgdag

Die spel was gemengde vierespel wat oor ses rondes van 12 skofte elk beslis is. Die voorste agt spanne het na die derde ronde sake uitgespook vir die top-drie posisies. Die eersteprys, met ‘n telling van 25 + 14 het aan Retha du Plessis, Johan Neethling, Prop du Plessis en Thea Neethling se span gegaan. Die prys is deur ATKV Eiland geborg. Tweedeplek in die kompetisie is deur Edgar Phillips, Keith Alexander, Netta Alexander en Rosa Phillips gewen met 25 + 6 punte op die telbord.

Derdeplek is deur Jacques Esterhuizen, Wynand van Heerden, Jackie Esterhuizen en Esmé van Heerden gewen met 24 + 4 punte. Hertzog Landman het die pryse vir die tweedeplek en die derdeplek geborg. In die plaat-afdeling het Tzaneeners, Willem Steynberg, Willie Jonker, Benita le Part en Ansie Taute met die louere weggestap. Hulle teken 25 + 19 punte aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button