Sport

Anke wen by Vlakvark-bergfietsuitdaging

Anke Rood het Saterdag die vroue-afdeling by Hoedspruit Fietsryklub Hi-Q Vlakvark bergfietsuitdaging gewen.

Anke het die 30km-uitdaging saam met pa, Dick en ma, Dorothy aangepak. Sy en Dick is gelyk oor die eindstreep en voltooi die wedren in 1:30:36. Dick wen sodoende die mans-meestersafdeling en Anke is algeheel eerste in die vroue-afdeling en wen ook die 15-16 vroue-jeugafdeling. Die Roods ry vir die Lowveld PPE-span.
Tyrone Anders wat in die 17-18 junior manskategorie kompeteer, het die algehele eersteplek gevat en hy voltooi die 30km-roete in 1:22:02.

Jonathan Brink en Pierre Bruwer is kort daarna oor die eindstreep en is in die tweede- en derdeplek op die podium. Brink wen sodoende die mans-subveteraanafdeling en Bruwer wen die mans-veteraaanafdeling.
Jeugryer, Karla Durant, vat tweedeplek in die vroue-afdeling en veteraan, Anita Visagie vat die derdeplek op die podium. Durant wen ook sodoende die 17-18 jeugafdeling.
Angelica Mills wen die elite-vroue-afdeling en Michelle de Klerk vat eersteplek in die vroue-subveteraanafdeling.

Lees ook: Cyclists tackle first Miami Magoebaskloof MTB challenge

Anita Visagie wen die vroue-veteraansafdeling en Karin Taljaard wen die meestersafdeling. Andra Thompson wen die vroue bo 60 ouderdomsgroep.
In die mansafdeling wen Milan Mostert die 13-14 sub-junior afdeling en Mulaudzi Thabo wen die 15-16 mansjeugafdeling.
Anton Bam wen die elite-mansafdeling en Wynand van der Neut wen die mans bo 60 ouderdomsgroep.

Altesaam 27 bergfietsryers by Hoedspruit Wildlife Estate die 70km-uitdaging aangepak en elite-ryer, Komborero Bere, was die eerste man oor die eindstreep in die 70km-uitdaging. Bere voltooi die roete in 3:03:16.
De Wet Conradie het tweedeplek op die podium gevat met Charles Zeelie in derdeplek.
Noenie Mattheus het die eersteplek in die vroue-afdeling gevat met ‘n tyd van 3:53:19. Shani Rudder en Angela Green vat die tweede- en derdeplek, onderskeidelik.
Kevin McEvoy wen die mansmeestersafdeling en Johan van Rooyen vat eersteplek in die mans bo 60 ouderdomsgroep.

Op die 12km-roete vat Aron van den Borre die eersteplek. Hy voltooi die roete in 41:57.
Shirlene van den Borre is net na Aron oor die eindstreep en wen sodoende die vroue-afdeling in die 12km-uitdaging met ‘n tyd van 42:06. Aron wen ook die o.10-seuns Nippers-afdeling.
Henré Harvey en Gerhard Harvey is ook albei gelyk oor die eindstreep en deel die derdeplek in die mansafdeling.
Karen Coetsee en Hannah Meintjies vat tweede- en derdeplek in die vroue-afdeling, onderskeidelik.

Matt Anderson wen die 15-16 mansjeugafdeling en Regard Kasselman wen die o.12 Sprogs-afdeling. Thomas McEvoy vat eersteplek in die o.8 sub-Nippers-afdeling.
In die 5km-bergfietswedren is Elmarie van Rensburg eerste oor die eindstreep. Elri van Rensburg wen die o.10 Nippers-afdeling en Ingrid Smit wen die o.8-sub-Nippers-afdeling.
Morné Lamprecht vat eersteplek in die mansafdeling en James Matthis vat eersteplek in die seuns o.8-sub-Nippers-afdeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button