Limpopo-skolebergfietsryreeks ’n sukses
Die Limpopo-skolebergfietsryreeks se vierde been het Saterdag plaasgevind met fietsryers van Noordwes en Mpumalanga wat ook deelgeneem het teen die bestes van Limpopo.
Anke Rood en Sophia van Wyk van Hoërskool Merensky het eersteplek en tweedeplek, onderskeidelik in die vroue- en jeugafdeling gevat. Rood wen die resies met ‘n tyd van 49:36. Haar vinnigste ronde het sy in 15:41 voltooi. Van Wyk voltooi die roete in ‘n totale tyd van 50:25.
In die seuns-jeugafdeling vat Samuel McIntosh van Mpumalanga die eersteplek gevolg deur Gordon Noel van Stanford Lake College in die tweedeplek. Noel voltooi die roete in 54:01 en McIntosh in 53:49.
In die dogters Sprogs-afdeling het Cara Bruce van Laerskool Louis Trichardt die eersteplek op die podium gevat. Sy voltooi die wedren in 19:52. Leila van Wyngaardt van Laerskool Duiwelskloof vat die tweedeplek met ‘n tyd van 20:37 en mede








