Sport

Shamu se swemspanne vat eersteplek by Limpopo-swemkampioenskappe

Shamu Swemklub se swemspanne het die afgelope naweek skoonskip gemaak by die Limpopo-kampioenskappe.

Die dogterspan het altesaam 4183,5 punte aangeteken en die seunspan het 5202 punte aangeteken om beide eersteplek te behaal op die spanranglys.
Die swemspanne van Shamu Swemklub het altesaam 9385,5 punte aangeteken om ook die beste gekombineerde spantelling aan te teken. “Dit is nou al die norm vir ons hier by Shamu,” verduidelik hoofafriger, Johan Grobbelaar.

Ruan Hanaczeck Kruger (20) het by die kampioenskap die 2021 200m-borsslagrekord wat deur Bernard Mentz opgestel is van 2:37,52 na 2:34,96 verbeter.
Hanaczeck-Kruger wen goue medaljes in die 50m-vryslag, 200m-vryslag, 50m-borsslag, 100m-rugslag, 100m-vryslag, 100m-borsslag, 100m-vlinderslag, 200m-individuele wisselslag, 50m-rugslag, 50m-vlinderslag en 200m-borsslag.

Jason Loucao (16), ook van Shamu Swemklub, het wel die goue medalje in die 200m-rugslag gewen, waar Hanaczeck-Kruger met die silwermedalje tevrede moes wees. Loucao wen ook een silwermedalje en vier bronsmedaljes.
Joshua Bekker (9) verower goue medaljes in die 200m-vryslag, 100m-rugslag, 100m-vryslag, 100m-vlinderslag, 200m- individuele wisselslag, 50m-rugslag, 200m-rugslag en 50m-vryslag.

Lees ook: Swemmers presteer by top tien-skoleswemgala

Lleyti Lira (11) vat goud in die 50m-borsslag en 50m-vryslag en Dario Wasley (13) wen ‘n goue medalje in die 50m-borsslag.
Ella Janse van Rensburg (12) wen goue medaljes in die 50m-borsslag, 100m-rugslag, 100m-borsslag, 200m-individuele wisselslag, 50m-rugslag, 200m-rugslag, 200m-borsslag en 50m-vryslag.
Inge du Plessis (9) verower drie goue medaljes en Elné Haynes (15) wen een goue medalje, vyf silwermedaljes en vier bronsmedaljes.

Yvonne Botha (17) wen drie goue medaljes, twee silwermedlajes en een bronsmedalje.
MJ Pohl (13) wen twee goue medaljes in die 100m-borsslag en 200m-borsslag.
Shamu se aflosspanne het ook goue medaljes ingepalm.
Ettiene Troger, Dario Wasley, Wessel Joubert en Richardt Gotze wen goud in die 200m-wisselslag-aflos vir seuns 13 jaar en jonger. Yvonne Botha, Donia Smit, Elné Haynes en Keira Booth vat goud in die 200m-wisselslagaflos vir dogters 14 jaar en ouer.

Jason Loucao, Marnus Kruger, Ruan Hanaczeck-Kruger en Joszua Joubert vat goud in die 200m-wisselslagaflos vir seuns 14 jaar en ouer. Inge du Plessis, Liané van Heerden, Zoey Dampier en Jany Norval vat goud in die 200m-vryslagaflos vir dogters 10 jaar en jonger. Ulrich Goosen, Luhann Joubert, Reece Saaiman en Joshua Bekker vat goud in die seuns 10 jaar en jonger 200m-vryslagaflos. Mari Bruwer, Marny du Plessis, Mieke-Lee Mulder en Ella Janse van Rensburg wen ook ‘n goue medalje.
Ethan Schmidt, Altus Kruger, Jamie Venter en Lleyti Lira wen goud in die 200m-vryslagaflos.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button