Sport

Plasie-ruiters verbeter hul kwalifikasie-vlakke

Merensky Landbou Akademie se ruiters het onlangs goed presteer tydens die vyfde en sesde SuidAfrikaanse Nasionale Ruiterkuns Assosiasie- (SANESA) en die South African Western Mounted Games- (SAWMGA) kwalifiseerders.

Die byeenkoms het by Winnfield Stalle in Polokwane plaasgevind. Minandi Schalekamp skuif op van ‘n vlak 1 na ‘n vlak 2-ruiter. Tayla von Pannier skuif van vlak 1 na vlak 2 en Sujana Olivier het van ‘n vlak 1- na ‘n vlak 3-ruiter opgeskuif. Op die eerste dag van die byeenkoms tydens die SANESA kwalifiseerder behaal Laila le Roux (vlak 0) ‘n sesdeplek en Daniéle Bornman, (vlak 0) ‘n agtsteplek. Minandie Schalekamp (vlak 1) vat 12de-plek en Danica Coetzee (vlak  2) behaal eersteplek.

Tayla von Pannier (vlak 2) behaal ‘n tweedeplek en Minette Wolmarans (vlak 2) behaal vierdeplek. Sujana Olivier (vlak 3) vat vierdeplek en AJ van der Westhuizen (vlak 4) behaal vierdeplek. In die SAWMGA kompetisie behaal Le Roux 15de-plek en Bornman vat derdeplek. Schalekamp vat sesdeplek en HJ van Wyk (vlak 1) vat sewendeplek. Von Pannier en Wolmarans behaal tweede- en derdeplek, onderskeidelik. Coetzee vat tweedeplek en Olivier behaal vierdeplek.

Lees ook: Merensky riders in action at Bela-Bela games

Anja Beukes (vlak 3) behaal sesdeplek en Van der Westhuizen vat vyfdeplek in die dag se kompetisie. Op die tweede dag van die kompetisie tydens die SANESAkwalifiseerder behaal Bornman tweedeplek en Le Roux vat derdeplek. Wolmarans behaal ‘n eersteplek en Von Pannier behaal tweedeplek. Schalekamp behaal derdeplek en Coetzee vat ook derdeplek.

Olivier behaal vyfdeplek en Van der Westhuizen doen goed om eersteplek te vat tussen die vlak 4-ruiters. In die SAWMGA-kompetisie behaal Bornman tweedeplek en Le Roux is 12de op die uitslae. Wolmarans vat eersteplek in die kompetisie en Von Pannier vat tweedeplek. Coetzee behaal tweedeplek en Schalekamp vat derdeplek. Olivier vat sesdeplek en Beukes behaal ‘n sewendeplek. Van der Westhuizen neem nog ‘n eersteplek. Die volgende byeenkoms is vir 15 Julie geskeduleer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button