Groot rugby die naweek voor die seisoen eindig
Die klubrugbyseisoen is in volle swang met slegs een wedstryd oor voor die halfeindstryde gespeel word op 8 Julie.
Letaba rugbyklub se eerstespan sal Saterdag op hulle tuisveld by die Skougronde op Tzaneen teen die manne van Potties te staan kom in die laaste van die uitspeelwedstryde met die hoop om die dorp se naam hoog te hou in die halfeindstryd van die liga. Letaba het Saterdag egter weer vasgeval teen die span van Louis Trichardt-rugbyklub, maar danksy ‘n drie en verdoelskop deur kaptein, Carel O’Neill, het die span ten minste met punte van die veld af gestap.
Lees ook: Letaba Rugby Club is more than a sports club
Louis Trichardt het egter die spel oorheers en Letaba kon nie byhou op die telbord nie. Ondersteuners word hartlik genooi om die kragmeting teen Potties saam met die rugbyklub te geniet. Vir meer besonderhede skakel Bennie Kruger op 083 635 1731.



