Sport
Vossie-tennisspeler in Limpopo-span
Vossie gr. 8-leerder, Adriaan Genis, was ‘n lid van die 2025-Limpopo o/15- tennisspan wat in ‘n nasionale toernooi deelgeneem het.
TZANEEN – Vossie gr. 8-leerder, Adriaan Genis, was ‘n lid van die 2025-Limpopo o/15- interprovinsiale tennisspan wat van 8 tot 12 Januarie in ‘n nasionale toernooi in Pretoria deelgeneem het.
Dit is op verskeie bane, insluitend Afrikaanse Hoër Seunskool, Rietondale Tennisklub, Boys High, Elarduspark en Hoërskool Waterkloof, aangebied.
Limpopo was een van 16 provinsiale spanne wat aan die toernooi deelgeneem het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



