Vossies beste in Limpopo
Die Vossies het alle afrigters, spelers, ouers en ondersteuners bedank vir hul hulp om die toernooi ‘n sukses te maak.
TZANEEN – Die Hoërskool Ben Vorster was dié afgelope naweek gasheer vir die DStv- en Kay Motsepe Limpopo-netbalkampioenskappe.
Die Vossies se o/19-span het die eindstryd teen Hoërskool Pietersburg gewen en dring daardeur deur na die DStv-kampioenskappe wat van 24-26 Julie by Dr EG Jansen in Boksburg gespeel word.
Die o/15-span het die eindstryd net-net teen Hoërskool Pietersburg verloor, maar dring steeds deur na die nasionale Kay Motsepe-kampioenskappe wat van 14-16 Augustus by Konka in Rustenburg plaasvind.
Die 15A-span is deur Anandi de Villiers gebrei en die o/19A-span deur Mandi van Heerden.
Die Vossies het alle afrigters, spelers, ouers en ondersteuners bedank vir hul hulp om die toernooi ‘n sukses te maak.




