Local sport

Gordon eerste oor streep by Munnik Meerkat

Phalaborwa se fietsryers het die speke laat sing by die Munnik Meerkatbergfietsuitdaging wat op 20 April plaasgevind het met Alan Gordon wat in die 70kmwedren koning gekraai het.

Gordon, ‘n subveteraanryer het die roete deur die plase en wildsreservate in 2:35:27.4 gery. Komborero Bere het tweede plek gevat en het eerste plek in die elitemansafdeling losgery. Joan Fourie is derde in die wedren. Chantelle Weyers is die eerste vrou oor die eindstreep in die 70km-resies met Lane du Plessis in tweede plek en Karia Martin in derde plek. Op die 50km-roete is Henro van der Walt (jeugafdeling) in die eerste plek met ‘n tyd van 1:53:21.9.

Gordon Noel van Stanford Lake College is ses sekondes na Van der Walt oor die eindstreep en is in die algehele tweede plek. Noel wen ook die junior seunsafdeling. Waldo Stijdom vat die derde plek. Chantelle Gows wen die vroue-afdeling en is eerste in die meisiesjeugafdeling. Sophia van Wyk vat die algehele tweede plek en wen die junior afdeling. Ditshegafatso Makonyana wen die 35km-resies met ‘n tyd van 1:23:57.8 terwyl Maronelle Lewis die vroue-afdeling wen.

Lees ook: Speke sing by Lim XCO3

Makhonyana ry in die junior seunsafdeling en Lewis ry in die jeugmeisiesafdeling. Elané Visser wen die subjuniormeisiesafdeling en Elrich Oppermann wen die subjuniorseunsafdeling. Op die 15km-roete is dit Muarits Meiring wat die eerste plek vat en en wen ook die sprogs-afdeling. Aleck Willemse is in die tweede plek en Elrich de Waal is in die derde plek. Phalaborwa se sprogs-ryers, Aron van den Borre en Musa Chauke het die sesde en sewende plekke in die 15km-resies gevat.

Logan de Greave wen die nippers-afdeling en Nelda Stijdom is die eerste meisie oor die eindstreep. Strijdom wen die sprogs-meisiesafdeling en Marlize Shields wen die nippers-afdeling. Die volgende opwindende wedren op Limpopo se fietsrykalender is die Miami Magoebaskloof-bergfietsuitdaging wat op 1 Junie by Westfalia Faerie Glen buite Modjadjiskloof plaasvind. Dit beloof om oudergewoonte ‘n puik dag met 15km-, 35km-, 50km- en 70kmroetes te wees met waterpunte, kosstalletjies en ‘n biertuin. Inskrywings kan op www. entryninja.com gedoen word of skakel 082 804 0060 of 082 443 3864 vir meer besonderhede.

Related Articles

 
Back to top button