Sport

Speke sing by Lim XCO3

Die derde been in die Limpopo XCO-bergfietsryreeks het Saterdag in Mokopane op Moordrift se roetes plaasgevind.

Henro van der Walt het met ‘n wentyd van 57:34.4 die jeugseunsafdeling gewen. André van Ree is in die tweede plek en Nicky Willemse vat die derde plek. Chantelle Gouws wen die jeugmeisiesafdeling met ‘n tyd van 54:02.3. Karli van Wyk en Dané Strijdom vat die tweede en derde plek, onderskeidelik. Gordon Noel het die eerste plek gevat in die junior seunsafdeling. Hy wen die resies met ‘n tyd van 1:14:25.7.

Waldo Strijdom vat die tweede plek en Thabo Milaudzi vat die derde plek. Carla Jansen van Vuuren wen die junior meisiesafdeling met ‘n tyd van 1:13:15.8 met Sophia van Wyk in die tweede plek en Anke Rood in die derde plek. Marlo van der Walt wen die subjunior seunsafdeling met Michiel Genis in die tweede plek en Renier Pieterse in die derde plek. Van der Walt wen die resies met ‘n tyd van 58:05.5. Elane Visser wen die meisiesafdeling.

Lees ook: Cycle through conservation areas at Munnik Meerkat MTB Challenge

Kristen Thompson is in die tweede plek en Hannah Landsberg vat die derde plek. Henlo Genit wen die nipperseunsafdeling met ‘n tyd van 33:12.1 met Logan de Greave in die tweede plek. William Smit vat die derde plek. Marlize Shields wen die meisiesafdeling. Releagile Mthombene is in die tweede plek en Mia Rose Smit is in die derde plek. Aron van den Borre vat die eerste plek in die sprogafdeling met Maurits Meiring in tweedeplek.

Musa Chauke vat derde plek. Van den Borre wen die resies met ‘n tyd van 41:44. Janli Bester wen die meisiesafdeling met Nelda Strijdom in die tweede plek en Mary Jane Rabie in die derde plek. Willie Willemse (jnr) het die elitemansafdeling gewen met ‘n tyd van 1:22:44.5 met Kayden Venter wat die elitevroueafdeling wen. Die volgende wedren in die Limpopo XCO-bergfietryreeks sal op 11 Mei in Makhado plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button