Local sport

Eiland-rolbal se Sitrustoernooi ’n sukses

Die Eiland-rolbalklub het verlede week vanaf 5 tot 10 Augustus die jaarlikse Sitrustoernooi aangebied .

Dit was die klub se eerste poging om die toernooi oor vyf dae aan te bied en 80 rolbalspelers het in spanne van vier deelgeneem. Elke span het oor twee dae ses wedstryde gespeel om vir die beker- of die plaatafdeling te kwalifiseer. Saterdag het agt spanne meegeding vir die beker, terwyl ses spanne aan die plaatafdeling deelgeneem het.

Die wenners van die bekerafdeling is Jacques Esterhuysen, Wynand van Heerden, Jackie van Heerden, en Esmé Esterhuysen. Keith Alexander, Edgar Phillips, Netta Alexander en Rosa Phillips het tweede plek gevat en Danie Fisher, Adéle Snyman, André Snyman en Elsabé Fisher is in die derde plek in die bekerafdeling.

Lees ook: Eilanders laat rolballe sing op borgdag

“Ons is dankbaar teenoor elke speler wat aan die toernooi deelgeneem het. Die klub beoog om volgende jaar aan 112 spelers, dit wil sê 28 spanne, geleentheid te bied om deel te neem,” sê Johan Scheepers. Verversings is deur Eiland Spa-restaurant verskaf. Verversings is deur Eiland Spa-restaurant geleentheid te bied.

Die klub het Midzividzi Garage, Helen de Beer, Callie Erasmus, Koos van Wyk, André en Adéle Snyman, Gustav van Veijeren Boerdery, Gubitz Boerdery, Van Heerden Apteek (Tzaneen), ATKV Eiland Spa, Marietjie Bodenstein, Miami Canners, Elize Malan en Komati Groep vir hul borgskappe bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button