Local sport

Merensky-boogskuts skitter by SA’s

Vier boogskuts van Merensky Landbou Akademie het oor drie dae aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Veldboogskietkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.

TZANEEN – Vier Merensky Landbou Akademie-boogskuts het van 20 tot 22 Maart aan die Suid-Afrikaanse nasionale veldboogskietkampioenskappe deelgeneem.

Die kampioenskap het oor drie dae buite Bloemfontein gestrek, met deelnemers wat hul vaardighede in veld-, jagter- en dierteikens oor verskillende afstande getoets het.

Op Vrydag het hulle die standard veld-ronde geskiet, wat vier pyle per teiken behels, met 28 teikens op afstande tussen ses jaart en 50 jaart vir juniors en tot 80 jaart vir jong volwassenes.

Met ’n kolskoot wat vyf punte tel, was die maksimum telling 560. Saterdag het hulle die jagtersronde geskiet, wat baie dieselfde is, maar met meer onreëlmatige afstande. Sondag het hulle die diereronde geskiet, wat op 28 verskillende papierteikens geskiet word.

Zelke Kruger.

Uitstaande prestasies:

  • Henk Meyer – eerste (jong volwasse boogjagter onbeperk) én nasionale kleure
  • Nathan Swanepoel – eerste (junior boogjagter onbeperk) én nasionale kleure
  • Zelke Kruger – eerste (junior vroue boogjagter onbeperk) én nasionale kleure
  • Borman van der Westhuizen – derde (junior boogjagter onbeperk)

Zelke, Nathan en Borman het ook nuwe persoonlike beste tellings tydens die kampioenskap behaal.

Die volgende kompetisie is die Limpopo Noord-veldkompetisie op 25 April by Shikwaru Lodge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button