School sportSport

Vyf kampioene vir Merensky

18 skuts van Merensky boogskietklub het op 11 en 12 Oktober te Hartbeespoortdam aan die jaarlikse 3D Nasionale Kampioenskap deelgeneem

AGTIEN skuts van Merensky boogskietklub het op 11 en 12 Oktober te Hartbeespoortdam aan die jaarlikse 3D Nasionale Kampioenskap deelgeneem.

Die formaat van hierdie kompetisie behels dat 22 twee-dimensionele of drie-dimensionele diere op ‘n ongemerkte afstand van tot 60 meter in die veld geplaas word.

Die junior afdeling is absoluut oorheers deur die Plasie-skuts.

Die trotse span keer huistoe met ‘n twaalftal medaljes, en ses skuts wat hul Limpopo-kleure verdien het.

Die ster-skut was egter Marietjie Harms, wat haar Nasionale kleure verwerf het.

Goue medaljes word verower deur Lin-Mari Theron, Renart Botha, Canell Jackson, Ricus Warmenhoven en Marietjie Harmse.

Silwer medaljewenners sluit in Adriaan Venter, Ockert Le Roux en Simoné Smith.

Bronsmedaljes word ingeryg deur Carla van Coller, Beneche Jackson, Janco Theron en Danie Harmse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button