School sportSport

Vossie gholfspelers vaar goed op gholf-interhoër

Agt skole het op 1 Augustus teen mekaar (op die Tzaneen Country Klub baan) vir hierdie jaar se gholf-interhoër te staan gekom. Hoërskool Ben Vorster se A-span het in die tweedeplek, die B-span in die eersteplek en die C-span in die derdeplek geëindig.

Die skole wat deelgeneem het, was: Hoërskool Pietersburg, Heuwelkruin, HTS Tom Naudé, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Merensky, Standford Lake College en Hoërskool Frans du Toit.

 

Die Vossies se A-gholfspan met hulle nuwe gholfsakke, geborg deur ‘n weldoener uit die gemeenskap. Van links: James Vorster, Jaco de la Rey, Franco Broodryk en Wilco Jansen van Rensburg.

 

Die Vossies se C-gholfspan het derde geëindig. Voor: Ernst van der Schyff, Ruan Smit en Werner Geldenhuys. Agter: Frans Pohl.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button